TEMMERS VAN DIE WOESTYN REEKS - PRONK BOEKE
Hierdie reeks verhale speel af tussen die jare 1880 - 1890, in die omgewing van Kuruman, Kimberley, Barkly-Wes en Hebron (later Winsorton). Dit was jare waar onrus en wetteloosheid aan die orde was van die dag. Ten weste van Kimberley, wat toe gebloei het vanweë die ontdekking van diamante in die sestiger jare, was die wêreld nog onbewoond en onbeskaaf. Maar ver van die hart van Kimberley af, in die onherbergsame Noordweste, het die diamantkoors ook hoog opgevlam en sy talle slagoffers geëis. Die opbloeiende smokkelhandel in die blink klippe het geharde en taai manne die wreedheid van die woestyn laat trotseer. Wit watente of lang muilkaravane het oor die sandstroke van die Kalahari heen gerol, onderweg na die grens van Suidwes. Honderde manne het in diens van die geldgod in die woestyn se warm sand omgekom, van honger of van dors. Baie het ook gesterf aan die hande van sluipmoordenaars. Hulle het nie geskroom het om die bossie- en bergwêreld, van die Rooiberge af tot in die dorheid van die woestyn, met mensebloed te bevlek nie.
Duisende tente het langs die Vaalrivier verrys en mense het daar saam gedrom, op jag na die skittering wat enige oomblik uit die sand opgedelf gaan word. Vanaf Kimberley, met sy verskeidenheid van nasies en sy bont mengelmoes van mense en tale, sy stinkende kroeë en hotelle, waar dansmusiek tot laat in die aand die rooiwyn vinniger laat vloei het, met sy vet fortuinsoekers, dronk van die gif van Mammon, tot by Kuruman, Barkly-Wes en in die land van die Griekwas, was die geweer, die rewolwer, die vuis en die dolk meermale die enigste erkende wet. Die vinnigste en die slinksste het vet, ryk en sterk geword, terwyl die swakkeres onderdruk is. Hierdie tydperk kan tereg na verwys word as Suid Afrika se eie “cowboy” era, waartydens geen genade gevra of betoon was nie. Dit was ʼn harde tyd vir almal en daagliks was dus ʼn verbete stryd om oorlewing.
VOORBLAAIE VERSAMELING
74 Items
Die wind beveel
Ek kom vannag
Wyn met bloed
Gif vir die hart
Vlamme teen die horison
Moordenaar in wit
Wind oor haar graf
Gestaltes in die skemer
Lantern in die nag
Nag van wraak
Geraamtes op die duin
Skaduwees op die krans
Sluipers in die nag
Die dal van vrees
Lied van die klowe
Berg van verraad
Vlam van hartstog
Die nagwind ween
Wees sterk my hart
Die nag het oë
Wolke voor die maan
Swerwer uit die Weste
Vrees is my erfenis
Vreemde maskers
Ver lê die more
Duiwels van die duine
Ridders uit die bose
Kring van die aasvoël
Swart wolk oor die Kalahari
Wag tot dagbreek
Wolwe van die wildernis
Moordenaars van die Kosiesberge
Skerpioen van die Richtersveld
Bloedspoor oor die kranse
Nag van verskrikking
Die wurgbende
Kraaie oor die wapad
Die rooi duiwel
Die rowers van Koperlus
Spore in die sand
Engel van wraak
Die swart ruiters
Vyand uit die nag
Die geheim van Ratelberg
En hoër styg die waters
Die blinde skut
Ruiters in die nag
Die vermiste bruid
Draers van onheil
Die skat van Hans Hanssen
Spanning op blinkklip
Die stryd van Elsa Oelrich
Die verwoester
Waar die kraai waak
Die wolf
Sluipers in swart
Wolwe in skaapsklere
Die halfmaanspoor
Die skatte van Oewerplaas
Skat van bloed
Die kluisenaar van Laaste Rus
Bloed oor die Molopo
Job van Babelskop
Die perdedief van Grootrivier
Die plaasstelers
Slagoffers van die Richtersveld
Wit Koning van die Boesmans
Sandpad van die dood
Huis onder die kranse
Die spookruiters
Wandelaar in die nag
Plaas van smart